library

Afrikaans: Nuwe informasie oor Vitamiene C!

Soos bespreek in Amore Bekker se Tjailatyd op RSG.

Askorbiensuur (of vit. C) is waarskynlik een van die nutriënte naas kalsium waarvan meeste mense bewus is.

Baie mense neem vit. C aanvullings - veral wanneer dit begin winter raak – om te help keer dat mens verkoue of griep kry. Jammer om die borrel te bars – maar daar is steeds wetenskaplike diskoers oor hoe effektief hierdie praktyk nou eintlik is. Die nuwe inligting oor Vitamien C van vandag werp moontlik bietjie lig op hierdie toedrag van sake. Wees gewaarsku - Vitamien C is nie jou speelmaat nie!

3 Dinge wat mens moet weet van Vitamien C

1. Vitamiene C is ‘n 'tweegesig' vitamien – dit kan goed doen - as ‘n anti-oksidant – maar kan ook skade aanrig – as ‘n pro-oksidant. Hoe werk dit? ‘n Goeie voorbeeld is die beste maats yster en vitamien C - soos goeie maats is hulle somtyds beste maats – en somtyds beste vyande. As beste maats help Vitamien C ysterabsorbsie – maar as beste vyande kan te veel vitamien C in die bloed reageer met yster en skade aanrig. Hierdie effek het veral betrekking op mense wat hard oefen waar yster vrygestel word in die bloed a.g.v. spierafbraak. Dus, oefening en hoë vlakke van Vitamien C kan jou so bietjie laat ‘roes’ van binne af…

2. Vitamien C is ‘n wateroplosbare vitamien en daarom het mens elke dag ‘n bietjie nodig. Nou is die algemene miskonsepsie dat – as ‘n bietjie van ‘n iets goed is – moet baie mos beter wees? Ongelukkig nie waar vir vitamien C nie….

Eerstens is daar ‘n klein bietjie vitamien C in die liggaam gestoor in ‘n poel van so ongeveer 1500 mg. Die hoogste konsentrasie vitamien C word in die senuwee eindpunte aangetref.

Daagliksie inname van so min as 30mg help om hierdie poel in stand te hou. Dus, as mens 90mg per dag inneem (wat die daaglikse aanbevole hoeveelheid is) behoort daar meer as genoeg te wees.

Supplemente wat 500mg tot selfs soveel as 2000mg per dag voorsien gaan die balans van vitamiene versteur en kan meer skade as goed doen. Die skade is ernstig. Ja – te veel vitamien C kan lei tot verhoogde risiko vir kanker.

3. Bloedsuiker en Vitamiene C.

Almal wat ‘n boep het, of ‘n diabeet is of ongereeld eet word waarskynlik van tyd tot tyd – of gereeld - blootgestel aan bloedsuikervlakke wat net ietwat hoër is as wat regtig gesond is. Bloedsuiker beïnvloed vitamien C absorbsie. Wanneer bloedsuikervlakke hoog is, kan die vitamien C nie in selle inbeweeg nie. Hierdie situasie waar genoeg Vitamien C beskikbaar is – maar nie gebruik kan word nie dra by tot die ontwikkeling van verdikking van bloedvate, vernouing van bloedvate en ook dus hartsiekte.

Die kort en die lank – doen bietjie moeite om meer gereeld voedselbronne van Vitamiene C deel van jou elke dag se eet te maak – en dink dink twee keer voordat jy sommer elke dag supplemente gebruik…

Laai gerus meegaande dokument af wat goeie voedselbronne van vit. C lys.


Bronne van Vitamien C

Afrikaans: Is daar nog voedingstowwe in ons groente?
read more
The power of ALMONDS
read more
Anti-Boep exercise without lifting a finger...
read more
Geen-Meel-BeterEet-Brood vir gewigsverlies
read more
Hoeveel en watter soort stysel is gesond?
read more
Is jy HONGER omdat jy te min VET eet?
read more