|
library
Dokter jou verkoue en griep natuurlik
Hande vol pille is dikwels onnodig - as mens so bietjie aandag gee aan jou dieet
Verskeie studies bevestig die belangrikheid van vitamiene en minerale om mens se immuunsisteem optimaal te laat werk. Sonder 'n sterk immuunsiteem, sal mens natuurlik soveel meer vatbaar wees vir kieme! Virusse en bakterie sal heerlik baljaar en sorg dat jy die grootste deel van die winter mislik bly voel.
4 Nutriente blyk 'n baie belangriker rol te speel as wat voorheen vermoed is.
Die eerste is Vitamiene D. Die menslike liggaam kan self vitamiene D vervaardig mits mens genoeg blootstelling aan sonlig het. Dit is dus goed om elke dag - veral gedurende die winter wanneer die UV strale van die son nie gevaarlik is soos in die somer nie - 'n bietjie tyd in die son te spandeer wanneer die weer dit toelaat. Alternatief moet mens kyk na goeie bronne van vitamiene D wat insluit Kasterolie, vetterige vis soos makriel en eiers.
Vitamiene C is ook belangrik en onlangse navorsing het selfs gewys dat dit nie die askorbiensuur fraksie van die Vitamiene C is wat via die anti-oksidant werking 'n beskermingseffek het nie - maar wel die Dehidro- askorbiensuur fraksie. Hierdie vorm van Vitamiene C kom veral voor in voedselbronne van vitamiene C wat al bietjie op die rak gele het - lemoene, naartjies, koejawels, tamaties, aartappels, brokkoli en seldery. Hierdie vorm van vitamiene C het 'n direkte uitwerking op die virus se vermeerdering en siekmaakproses in die liggaam. Dit is dus onwaar dat 'n lemoen wat nie vars gepluk is nie geen voedingswaarde het nie... Zink en selenium is 2 minerale wat ook kardinaal is vir optimale immuunfunksie. 'n 100 g porsie beesvleis sal meer as die helfte van mens se behoefte voorsien en mens kan ook meer peule, melk en selfs 'n stukkie kaas inspan as bronne. Dit onderstreep die belangrikheid om nie sommer enige voedselbron uit te skakel nie - want mens skakel dan onwetend belangrike voedingstowwe uit.
Die kuns is om die beste kwaliteit beskikbaar en bekostigbaar te kies - en met matigheid voor oe altyd 'n wye verskeidenheid voedsel te geniet.
|
|