|
library
Voel jou hele lyf suur?
Sooibrand? Suur smaak in jou mond? Spysverteringstelsel kla?
Jou suurbalans is moontlik nie optimaal nie. Hierdie BETEREET rate gaan jou nie noodwendig jou suurprobleem ‘ regmaak ‘ nie – maar sal al help. Sooibrand, seer gewrigte, onvermoë om gewig te verloor... 1. Oppas vir ‘n dieetpatroon wat alle koolhidrate uitskakel. 2. Maak ‘n punt daarvan om jou dag te begin hierdie roetine: Sap van ½ suurlemoen (vars uitgedruk). In bietjie water of rooibostee. 3. Sorg dat jy elke dag van jou lewe ten minste 30 – 40 g rou neute eet, verkieslik amandels, pekaneute of selfs macadamia – of ‘n mengsel van neute. Stadig met die grondbone, kasjoeneute en geroosterde neute. 1. Moet nooit enige dieetroetine volg wat jou inname van groente beperk nie. Hoe groter jou verskeidenheid – hoe beter vir jou lyf! Ook wortels. Onthou patat en aartappel is knolle – nie groente nie…Mik vir ten minste 200-300 gram/3 koppies per dag. 2. Sommige mense moet kyk na porsies – maar oppas as iemand voorstel jy eet geen of net 1 vrug per dag… 3. Kyk verby ‘verrykte’ produkte – jou lyf het juis die minerale wat maklik verlore raak tydens die verfynings en verwerkingsproses - veral magnesium – nodig. 4. Tensy jy weet wat jy doen – moet NOOIT net één mineraal supplementeer nie…nooit nét kalsium of net selenium of net zink nie. 5. Hou op suiker en suikerplaasvervangers/versoeters gebruik. 6. Probeer 2 -3 keer per week BETEREET se GROENTESAP resep vir ‘n periode van ten minste 2 weke.
|
|